Gemmer Genot

R247.00R1,380.00 incl. VAT

In stock

Watter Jan is jy? Slim Jan, Sterk Jan Baas Jan?

Laasgenoemde is natuurlik die man (of Jan) wat laaste regop bly na ‘n goeie dosis skietskeute van JanJanJan. Geniet hom soos jy wil en vind weldra uit watter Jan in jou binneste skuil…

Daarbenewens is hierdie eg Suid-Afrikaanse kruie doepa sorgsaam geformuleer om enige vervelige partytjie of stroewe gemoed ‘n hupstoot te gee. Het jy geweet dat gemmer een van Moeder Natuur se kragtigste anti-oksidante en ontgifters is? Gebruik JanJanJan en ontgif jou sisteem van pessimisme en maak plek vir pure plesierigheid.

Dalk wil jy uit die greep van ’n verkoue of die veeleisende gesprekke van jou skoonma ontsnap? Met JanJanJan is jy sommer gou weer blymoedig of op ‘n stasie – wat jy ookal meer gerieflik vind na gelang van die omstandighede…

Hierdie doepa is onontbeerlik in wintertye en jou beste vriend by basies enige geselligheid.

Nie te koop aan mense onder die ouderdom van 18 nie.

* Aflewering is GRATIS as jy ‘n boks van 6 bottels bestel.

SKU: gemmer-genot Category:

Subscribe to our Promotions Newsletter

Go to Top